top of page
Image by Priscilla Du Preez

Wat glo ons

Ons Glo

1. God is die Skepper en Heerser van die heelal.
Hy het vir ewig bestaan ​​as die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die drie is
gelykwaardig en is een God.

 

2. Die Bybel
Die Bybel is die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God.

3. Die Godheid van Jesus
In die Godheid van ons Here Jesus Christus, in Sy maagdelike geboorte, in Sy
sondelose lewe, in Sy wonderwerke, in Sy dood aan die kruis as betaling vir ons
sonde, in Sy liggaamlike opstanding, in Sy hemelvaart na die regterhand van die
Vader, asook in Sy persoonlike terugkering na die aarde in krag en heerlikheid.

4. Die kerk.
Die Kerk van Jesus Christus is die universele, geestelike liggaam van gelowiges
uit elke stam, taal, geslag en ras en word bekragtig deur die Heilige Gees vir
bediening en om die Groot Opdrag op aarde te vervul.

5. Wedergeboorte.
Wedergeboorte deur die Heilige Gees gebeur op die oomblik wanneer ‘n persoon
in Christus begin vertrou as redder en is noodsaaklik vir persoonlike verlossing.

6. Doping met die Heilige Gees.
Ons glo in doping in die Heilige Gees waarin ‘n gelowige bekragtig word vir
dienswerk, en glo dat die spreek in tale ‘n teken van doping met die Heilige Gees
is. Die Heilige Gees in n persoon se lewe word bewys deur vernuwing in sy
lewe, insluitend n liefde vir God en mense, n toewyding aan die Skrif en n
heilige lewe.

7. Die gawes van die Heilige Gees werk steeds vandag.
Ons glo dat al die gawes noodsaaklik is vir die kerk en vir die vervulling van die
groot opdrag en dat Goddelike genesing beskikbaar is deur die verlossingswerk
van Christus aan die kruis.

8. Ons erken die vyfvoudige bedieningsampte van evangeliste, herders,
leraars, apostels en profete soos geleer word in Efesiërs 4:11.
Ons glo dat
God individue in spesifieke rolle gebruik tot diens van Sy kerk.

 

9. Opstanding en oordeel

In die opstanding en finale oordeel van beide die gelowiges en ongelowiges, die
gelowiges tot die ewige lewe en die ongelowiges tot ewige verdoemenis.

 

10. Die huwelik tussen man en vrou.
Die huwelik moet n eksklusiewe verhouding wees,n lewenslange getroue
verbintenis tussen n man en n vrou. Die huwelik is deur God bepaal. “Die
Skepper het hulle man en vrou gemaak en gesê: “Daarom sal n man sy vader en
moeder verlaat en met sy vrou verenig word, en hulle twee sal een vlees word”
(Matteus 19:4-5). Hierdie verhouding tussen n man en vrou behoort gelyk te
wees aan die verhouding tussen Christus en die Kerk (Efesiërs 5:23-30).

 

11. Sakramente:
Ons onderhou twee sakramente soos deur Jesus ingestel, naamlik die doop en
die nagmaal.
Doop - Ons erken die doop by wyse van onderdompeling, en gebeur na ‘n
persoon bekeer het en die gawe van verlossing ontvang het. Dit dien as ‘n
uiterlike bevestiging van ‘n innerlike gebeurtenis.
Nagmaal - Die Nagmaal as n simboliese herinnering aan Christus se lyding en
sterwe vir ons verlossing.

bottom of page